Question:
Asked on 2010-04-20 19:29 by: Rene
Question category:
Wat is obligasies
|
Answers:
Answered on 2010-04-20 22:47 by: liz status: Comfy ( $467 000 )
Vote
‘n Obligasie of ‘n skuldbrief is doodeenvoudig ‘n kontrak om in ruil vir die koopprys ‘n kapitaalbedrag op ‘n sekere datum terug te betaal en gewoonlik ook koeponne (dink daaraan as ‘n tipe rente-betaling) elke 6 of 12 maande uit te betaal aan die belegger. Die kapitaalbedrag, koeponne en beleggingstermyn is gewoonlik reeds vasgestel by uitreiking en kan nie daarna verander word nie. Slegs die prys waarteen die obligasie verhandel (herverkoop word in die mark) wissel.
In Engels val dit onder die sambreelterm ‘bonds’. Lees meer oor ‘bonds’ hierso op MoreThanMoney:
http://morethanmoney.co.za/inside-the-investment-maze-decision-3/
Obligasies (ook genoem skuldbriewe of effekte) word verdeel in twee hoofgroepe:
1) staatseffekte – “government bonds” wat die regering uitgee om kapitaal in te samel vir hulle projekte of om hulle skuld te delg;
2) maatskappy-skuldbriewe – “debentures / corporate bonds” wat groot maatskappye op die mark sit om kapitaal te werf.
Staatseffekte is gewoonlik veiliger as maatskappy-skuldbriewe, omdat die regering self belowe om die kapitaal op uitkeerdatum aan die beleggers terug te betaal. Die krediet-risiko is daarom laer as met maatskappy-skuldbriewe.